2026 Daily Planner - Afrikaans

Die Angus Buchan-dagbeplanner 2026 is ideaal vir elkeen wat hulle dag doelgerig saam met God wil begin. Daar is ’n bladsy per dag vir afsprake met plek om jou eie tye in te vul. Die dagbeplanner se kunsleer-omslag het ’n rits sodat jy enige los papiere of klein items daarin kan toerits.

Hierdie 12-maande-dagbeplanner bevat:

  • Bemoedigende teksverse en inspirerende aanhalings deur Angus Buchan

  • Genoeg plek vir notas, adresse, telefoonnommers, persoonlike inligting en doelwitte vir die jaar

  • Suid-Afrikaanse skooltermyne en 'n lys van openbare vakansiedae vir Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe.

  • Omrekeningstabelle, en internasionale skakelkodes en tydsones

  • ’n Jaarbeplanner vir 2026 en 2027

  • ’n Maandbladsy vir elke maand om verjaarsdae, herdenkings of sperdatums aan te teken

  • 100 inspirerende beloftes uit die Woord

  • Eenkleur-drukwerk

  • 400 eenkleur-bladsye.

  • Lint merker.

CUM Books
LOOT
TAKEALOT
 
Angus Buchan